Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/09/2013

Blomkool au gratin

45 g botter
30 g meel
90 g gerasperde kaas
500 mℓ melk
sout
peper
1 blomkool

Plaas die heel blomkool in kookwater saam met 'n bietjie sout. Moet dit nie te lank kook nie. Die blomkool moet ferm en nog heel wees.

Dreineer die blomkool en plaas dit in 'n gratin-bak.

Smelt die botter in 'n souspan en roer die meel en gerasperde kaas by.
Roer die melk by en bring tot kookpunt. Kook vir 8 minute.
Geur met sout en peper en gooi oor die blomkool. Strooi 'n bietjie gerasperde kaas oor.
Verbruin onder 'n oondrooster en bedien.

Resep: D.D. Cottington Taylor

No comments :

Post a Comment