Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/10/2013

Gevulde soetrissies

Die soetrissies kan warm of koud bedien word.

4 groen, geel of rooi soetrissies
150 g gaar rys
8 ansjovisfilette, fyngekap
25 g botter
75 mℓ olyfolie
1 knoffelhuisie
5 mℓ fyngekapte pietersielie
sout

Sny die soetrissies horisontaal in die helfte en verwyder die membrane en sade. Indien dit klein is kan jy net 'n deksel van elkeen afsny.
Plaas dit in kokende water vir 3 minute om die vel los te maak. Skil dit dan af.

Verhit die botter en 15 mℓ van die olyfolie in 'n pan en soteer die knoffel en ansjovis oor lae hitte. Druk die ansjovis fyn met 'n vurk tot dit 'n pasta begin vorm.

Roer die res van die olyfolie en pietersielie by die rys.
Vul die soetrissies met die rysmengsel en gooi die ansjovismengsel oor die vulsel.
Bak by 180°C vir 30 minute.

No comments :

Post a Comment