Ons is nie gewoond daaraan om bronkors (watercress) te kook nie. Dit kan egter gedoen word, soos hierdie resep uit Wes-Indië wys:
Verhit 'n bietjie olie in 'n swaarboompot en braai 150 g spek, wat in blokkies gesny is, daarin saam met 'n fyngekapte ui. Braai tot die ui bruin is.
Voeg 2 fyngekapte knoffelhuisies en 'n fyngekapte tamatie by.
Wanneer alles warm is gooi jy 200 mℓ water by en laat dit bietjie afkook.
Gooi 2 hande vol bronkors in die pot en kook vir 30 minute.
Bedien dit as 'n groente saam met vleis of vis.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Follow @kookkuns

No comments :
Post a comment