Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/11/2013

Botterskorsie risotto

1 botterskorsie, geskil, die pitte verwyder en in blokkies gesny
4 knoffelhuisies, fyngedruk
30 mℓ olyfolie
'n paar takkies tiemie
sout
varsgemaalde swartpeper
50 g botter
1 ui, fyngekap
250 g Arborio rys
125 mℓ witwyn
1 liter groenteaftreksel
handvol varsgemaalde parmesaan
handvol dennepitte, gerooster

Meng die botterskorsie goed met 15 mℓ olyfolie, 2 fyngedrukte knoffelhuisies, die tiemie en sout en peper. Gooi dit uit op 'n roosterpan en rooster dit by 200°C vir 40 minute.

Haal die pan uit die oond en laat dit eenkant staan om af te koel.
Daarna verwyder jy die tiemie en krap die vleis van die botterskorsie en die knoffel in 'n mengbak en druk dit fyn.

Verhit 15 mℓ olyfolie en die botter in 'n swaarboom kastrol en braai die ui daarin vir 2 minute.
Voeg die 2 oorblywende fyngedrukte knoffelhuisies by en braai vir 'n verdere 2 minute.
Voeg die rys by en roer tot die rys begin deurskynend raak.
Gooi die wyn by en roer tot dit geabsorbeer is.
Voeg nou die aftreksel 1 soplepel op 'n slag by.
Roer na elke lepel tot dit geabsorbeer is. Dit moet ten minste 20 minute neem om die aftreksel by te roer. Die houtlepel moet kan regop staan in die risotto.
Verwyder die rys van die plaat en roer die botterskorsie-mengsel by.
Daarna roer jy 'n ekstra knoets botter en die parmesaan by.
Bedek die kastrol en laat dit 5 minute staan.

Strooi die dennepitte oor voor jy dit bedien.

No comments :

Post a Comment