Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/12/2013

Wildsvleis steaks

Hierdie resep is net vir mense wat hou van wild, knoffel en brandrissies.

Gebruik enige steak wat jy van wild gekry het. Dié resep is vir 500 g steak. Die rissies wat gebruik word, is die kleintjies wat genoem word bird’s eye chili’s.

Verder het jy 10 fyngedrukte knoffelhuisies, sout, 50 mℓ olyfolie, 50 mℓ gewone olie en 15 mℓ asyn nodig.

Maak 'n pasta van die knoffel, rissies en sout. Smeer dit dan aan beide kante van die steak en laat dit so lê vir 'n paar uur om te marineer.

Meng die olies en verhit dit in 'n pan. Braai die steak aan beide kante bruin, gooi die asyn by en plaas dan 'n deksel op die pan. Laat dit dan liggies prut tot die steak sag is.

No comments :

Post a Comment