Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/26/2013

Tagliatelle met 'n fondue-sous

Die kaas moet enige tipe wees wat geskik is vir 'n fondue. Vir 3 persone is 200 g fontina nodig - in dun skywe gesny.

Jy het ook die volgende bestanddele nodig:

125 mℓ louwarm melk
20 g botter
3 eiergele
250 g tagliatelle
sout en varsgemaalde swartpeper

Plaas die kaas in 'n bak en gooi die melk oor. Dit moet vir ten minste 2 uur so staan.

Dreineer die kaas, maar behou 30 mℓ van die melk.
Smelt die botter oor lae hitte in 'n souspan.
Voeg die kaas en 30 mℓ melk by.
Roer dit versigtig met 'n draadklitser tot al die kaas gesmelt het.
Verhoog die hitte effens en voeg die eiergele een op 'n slag by, terwyl jy goed klits.
Geur met sout en peper.



Intussen kook jy die tagliatelle volgens die aanwysings op die verpakking.

Bedien die tagliatelle in die sous.

(foto Sebastian Mary)

No comments :

Post a Comment