Berei noedels voor volgens die aanwysings op die verpakking. Maak genoeg vir al jou gaste.
Nadat jy die noedels dreineer het braai jy dit vir 'n paar minute lank in botter.
Deel die noedels tussen die bakkies.
Breek 'n eier in elkeen en bak in die oond tot die eiers gestol het.
Dit is heerlik saam met aspersies, wat jy in botter kan braai terwyl die eiers bak.
Bedien die eiers saam met Madeira-sous.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a Comment