Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/08/2014

Pasta met tamaties en inkvis ink

Onthou om na die vervaldatum te kyk as jy inkvis ink koop. Vermy ink wat reeds verval het of naby aan die vervaldatum is. Jy kan dit in die yskas hou vir 'n week, of dit vries vir 6 maande.

1 ui, fyngekap
olyfolie
2 knoffelhuisies, fyngekap
'n blikkie gekapte tamaties
'n hand vol basiliekruid, geskeur
'n paar takkies tiemie
30 mℓ inkvis ink
sout en peper
pasta, gekook volgens die aanwysings op die verpakking

Braai die uie tot sag in olyfolie.
Gooi die knoffel, tamaties, basiliekruid, tiemie en ink by. Kook stadig vir 20 minute.
Geur met sout en peper en bedien dan oor die pasta.

No comments :

Post a Comment