Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/09/2014

Hoender sosaties

500 g hoenderborsies of dytjies, skoongemaak, die vel en enige bene verwyder en in stukke gesny vir die sosatiestokkies
1 ui, in stukke gesny
1 knoffelhuisie
2 cm vars gemmer, afgeskil
30 mℓ suurlemoensap
5 mℓ gemaalde koljander
2,5 mℓ gemaalde komyn
5 mℓ garam masala
45 mℓ gewone jogurt
5 mℓ sout
30 mℓ fyngekapte vars koljander

Plaas die ui, knoffel, gemmer en suurlemoensap in 'n voedselverwerker en verwerk tot dit 'n gladde sous vorm.
Meng die sous met die gemaalde koljander, komyn, jogurt en sout.
Meng die hoender hiermee en laat dit vir ten minste 2 uur marineer by kamertemperatuur. Indien jy kan, los dit oornag in die yskas.

Ryg die hoender op sosatiestokkies en braai tot gaar, of plaas dit onder 'n oondrooster.

Strooi die vars koljander oor voor jy dit bedien.

No comments :

Post a Comment