Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/12/2014

Tannie Poppie maak boerewors en soetrissie frittata



1 pakkie *Ouma se boerewors, in stukkies gesny
2 rooi soetrissies, pitte verwyder en grofgekap
2 medium-grootte aartappels, geskil en in klein blokkies gesny
125 g kersietamaties, gehalveer
8 groot eiers, geklits
250 ml grasuie, grofgekap
sout en peper na smaak
nog grasuie om te bedien

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Sny die wors in klein stukkies.
Verhit 'n groot pan, verkieslik een wat jy sommer op die tafel kan sien vir opdiening. Braai die wors in die pan tot bruin.
Voeg die soetrissie by en laat dit braai tot sag.
Voeg die aartappels en tamaties by.
Nou voeg jy die geklitste eiers, grasuie en sout en peper by.
Verlaag die hitte tot laag en laat dit stadig stol.
Sit die pan in die oond om die eiers heeltemal te laat stol. Die alternatief is dat jy ook 'n deksel op die pan kan sit en dit stadig kan laat prut, tot die eier gaar is.
Bedien net so uit die pan uit, strooi net lekker handevol grasuie oor.

(bedien 4 persone)

* Oumas Boerewors is by alle supermark slaghuise beskikbaar.

No comments :

Post a Comment