Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/24/2014

Broccoli met spek en aartappels

500 g spek
1 kg broccoli, skoongemaak
2 knoffelhuisies, fyngedruk
'n knippie sout
500 g aartappels, geskil en in kwarte gesny
botter
vars fyngekapte pietersielie

Plaas die spek in 'n kastrol saam met 2 liter koue water. Bring tot kookpunt en prut dan vir 1½ uur.

Voeg nou die broccoli, knoffel en sout by die spek en kook vir 15 minute.

Voeg die aartappels by en kook tot die aartappels sag is.

Dreineer die broccoli en kap dit grof op. Verhit nou die broccoli in 'n pan saam met 40 g botter.

Verwyder die broccoli uit die pan.
Sny die spek in skywe en verbruin die skywe in 30 g botter.

Stapel alles op mekaar deur te begin met die broccoli, dan die aartappels en dan die spek. Drup gesmelte botter oor, strooi die pietersielie oor en bedien.



(foto Stephan Lilley)

No comments :

Post a Comment