Vir die kombinasie van woordkunstenaar, digter, liedjie- en rubriekskrywer het Koos van der Merwe min gelyke in Afrikaans.
Kom luister na van sy bekendste gedigte en stories, pas uitgegee in 'n versamelbundel en meesterlik deur Koos voorgedra by dié magiese middagmaal.
11 Maart 13:00 | Towerbosch Aardkombuis, Stellenbosch | 120 minute | R220
Word betower deur gewilde Afrikaanse skrywers en 'n voortreflike driegang-ete by Knorhoek se
Towerbosch Aardkombuis met sy kwinksinnige ouwêreldse interieur en gasvryheid – net die plek vir
magiese gesprekke. Twee glase wyn is ingesluit. Koop gerus landgoedwyn en getekende boeke van die
skrywers. Vir ʼn vegetariese opsie, skakel 021 865 2958 vooraf.
Woordfees 2014
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment