Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/18/2014

Artisjok-en-tamatieslaai

Hierdie resep word met jerusalem-artisjokke gemaak.

680 g jerusalem-artisjokke, geskil en in happie grootte gesny
suurlemoensap
5 tamaties, geskil, ontpit en in repe gesny

Kook die artisjokke in soutwater saam met 'n skeut suurlemoensap tot sag. Dit neem omtrent 8 minute.

Dreineer die artisjokke, spoel dit af in koue water en dreineer weer.

Maak 'n slaaisous van die volgende bestanddele:

250 mℓ jogurt
45 mℓ room
5 mℓ suiker
sout en peper
suurlemoensap
10 mℓ fyngekapte grasuie

Klop die room effens met die hand en meng dit dan met die jogurt.
Geur met die suiker, sout, peper en 'n skeut suurlemoensap.
Voeg die grasuie by.

Meng die slaaisous met die artisjokke en tamatie.

(foto Lynn Gardner)

No comments :

Post a Comment