Boendoe-kos vir die Afrika-bos is as’t ware die nutsman van resepteboeke! As jy van die buitelewe hou, is hierdie boek beslis vir jou. Die resepte is noukeurig uitgesoek om die uitdagings van kampeer in die boendoe te oorbrug sodat jy al die nodige bestanddele in jou 4x4-voertuig kan laai.
Al die resepte kan in die oond, oor die kole, of oor ’n gasstoof voorberei word. Deur die jare het 4x4-safaritoerusting merkwaardig ontwikkel en deesdae besit die meeste kampeerders ’n klein kamp-yskas of -vrieskas. Dit beteken dat ’n groter verskeidenheid kos voorberei kan word en jy nie meer op soja of blikkieskos hoef staat te maak nie. Jy hoef ook nie ’n beroemde sjef te wees om hierdie geregte voor te berei nie – dis smaaklik, maar net so maklik om te maak! Boendoe-kos vir die Afrika-bos stel jou in staat om selfs op safari soos ’n bobaas-sjef te kook en enige iets van slaaie, tot moussaka, tot selfs roomys te bedien.
Boendoe-kos vir die Afrika-bos / deur Rita van Dyk -- Struik, 2013. -- 160 p. ; sagteband. -- ISBN 9781432301859 : R 180.00
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
2/05/2014
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)
No comments :
Post a Comment