100 g mieliemeel
500 g soetpatats
20 mℓ fyngekapte grondboontjies
15 mℓ gekapte pietersielie
sout na smaak
Gooi die water oor die meel, meng en laat dit staan om af te koel.
Kook die patats net so in kookwater tot sag.
Skil die patats en druk dit fyn.
Voeg die grondboontjies, pietersielie en sout by.
Roer die mengsel by die mieliemeel.
Maak ronde mieliekoekies met die mengsel en vou elkeen toe in foelie.
Plaas die pakkies onder die as in die braai. Hou dit daar vir ten minste 15 minute, terwyl die vleis braai.
Die resep is genoeg vir 12 pakkies.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a Comment