Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/29/2014

Boontjieslaai

120 g droë boontjies, oornag geweek
’n bouquet garni, met 1 lourierblaar, 1 selderysteel en 5 pietersieliestele
1 ui, in dun skywe gesny
2 tamaties, ontpit en in repe gesny
60 g Edam-kaas, in dun nou skywe gesny
10 mℓ vars gekapte pietersielie
sout
varsgemaalde swartpeper
150 mℓ suurlemoen-roomsous

Dreineer die bone en gooi vars water by. Bring die stadig tot kookpunt – ten minste 40 minute daarvoor begin kook. Voeg die bouquet en sout by, sit die deksel op en laat 1 uur lank prut. Gooi die ui die laaste 5 minute by.

Laat die bone en ui effens afkoel in die vloeistof en dreineer en verwyder die bouquet garni.
Meng al sie bestanddele in ’n mengbak.
Skep uit, gooi die slaaisous oor en bedien.


(foto Rob Russell)

No comments :

Post a Comment