Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/30/2014

Griekse Paaskoekies

250 g botter
150 g suiker
2 eiergele
480 g koekmeel
5 mℓ bakpoeier
60 mℓ melk
10 mℓ vanillageursel
1 eier, liggies geklits

Verroom die botter en suiker saam tot dit lig en romerig is.
Voeg die eiergele een vir een by, terwyl jy aanhoudend klop.

Sif die meel en bakpoeier saam.
Werk die meelmengsel en die melk nou by die bottermengsel. Gebruik jou hande.
Hou aan tot dit 'n gladde deeg vorm.
Gooi die vanilla by en hou vêrder aan tot die deeg harder raak. Voeg ekstra meel by indien nodig.

Breek klein stukkies deeg af en rol dit in potloodgroottes.
Maak lusse met die repies, of vleg dit.
Pak dit op 'n gesmeerde bakplaat en verf dit met die geklitste eier.
Bak by 180°C vir 30 minute.

Hou die koekies in 'n lugdigte houer.

Die resep maak ongeëer 80 koekies.

No comments :

Post a Comment