Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/31/2014

Maaltye sonder moeite

Maaltye sonder moeite is ’n Suid-Afrikaanse resepteboek wat op die hele familie gemik is. Die outeurs is daarvan bewus dat die lewe baie veeleisend vir ’n werkende mamma kan wees. Daarom het hulle resepte aangepas wat by babas, kleuters en die hele gesin aanklank sal vind. Slegs plaaslik beskikbare bestanddele word gebruik en ’n paar Suid-Afrikaanse gunstelinge is ingesluit.

Die boek volg die selfspening-benadering en bevat nuttige voorstelle, asook inligting oor hoe om die oorgang van bors-/formulemelk na vaste kosse so maklik moontlik vir mammas en babas te maak. Daar is ’n volledige afdeling oor borsvoeding, asook die regte tydperk om met vaste kosse te begin. Die selfspening-metode stel voor dat die baba deel word van etenstye en hulle vingerhappies vanuit die eetstoeltjie geniet terwyl die gesin eet.

Ook in Engels beskikbaar as Mealtimes Made Fun.




Maaltye sonder moeite / deur Debbie Wareham & Kim Jurgens -- Struik, Maart 2014. -- 192 p. ; hardeband. -- ISBN 9781432302139 : R 240.00

No comments :

Post a Comment