Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/01/2014

Lamharte

Mens sien gereeld lamharte in die supermarkte, maar weet nie hoe daarom gaar te maak nie. Hier is ’n resep vir 4 persone:

Vir die vulsel het jy nodig:

30 mℓ olyfolie
1 ui, fyngekap
1 groen soetrissie, ontpit en fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
50 g kasjoeneute, grof gekap
125 mℓ vars broodkrummels
1 groot eiers, liggies geklop
15 mℓ vars gekapte roosmaryn (of 5 mℓ droë roosmaryn)
15 mℓ vars gekapte tiemie (of 5 mℓ droë tiemie)
10 mℓ gerasperde suurlemoenskil
30 mℓ suurlemoenskil
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Vir die harte:

4 lamharte
125 g swoerdlose spek
45 mℓ olyfolie
375 mℓ lamaftreksel
15 mℓ vars gekapte roosmaryn
sout en peper na smaak
30 mℓ koekmeel

Begin met die vulsel. Verhit die olie in ’n swaarboompan souspan en braai dan die ui, soetrissie en knoffel oor medium hitte tot sag. Verwyder dit van die hitte en laat dit effens afkoel. Voeg die res van die bestanddele vir die vulsel by en meng alles saam.

Sny die oortollige vet van die harte af en verwyder enige buise waar jy kan. Was die harte in soutwater.
Spoel dit dan af met vars water en droog dit liggies af.
Vul die harte met die vulsel en draai dan spek daarom vas. Steek dit vas met tandestokkies, of maak dit vas met tou.

Gooi die olyfolie in jou pan en verbruin die harte aan alle kante.
Voeg nou die aftreksel, roosmaryn en sout en peper by. Prut dit vir 3 uur lank oor lae hitte.

Verwyder die tou / tandestokkies nadat jy die harte uit die sous gehaal het. Sny die harte in dun skywe.


Maak ’n pasta van die meel deur ’n klein bietjie water by te voeg en roer dit dan by die sous om dit te verdik.

Bedien jou harte saam met die sous, groente en fynaartappels.

No comments :

Post a Comment