Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/06/2014

Tannie Poppie maak Boerewors Sosaties

250 g gedroogde appelkose
500 ml brandewyn
700 g botterskorsie, grof opgesny
2 geel soetrissies, pitte verwyder en in groot growwe bloke gesny
1 pakkie Ouma se boerewors, in 4 cm stukke gesny
250 g repiespek

Laat die gedroogde appelkose week in die brandewyn vir ten minste 1 uur.

Indien jy hout sosatiestokkies gebruik laat dit week in water vir omtrent 1 uur.

Stoom die botterskorsie vir 10-15 minute, of tot gaar, maar steeds 'n bietjie hard. Dit moet nie uitmekaar val indien jy die sosatie stokkie deursteek nie.

Vou die stukkies spek rondom die wors.

Maak die sosaties deur soos volg in te ryg: botterskorsie, gedroogde appelkose (2), geel soetrissie en die wors met die spek om.
Herhaal die proses tot die stokkies vol is.
Gooi 'n bietjie van die Meister Club se basting sauce oor die sosaties en laat dit marineer vir 'n tydjie voordat jy dit braai.
Terwyl jy die sosaties braai, hou aan om dit te bedruip.
Braai die sosaties totdat die wors gaar is, ongeveer 20 minute.

Die resep maak 8 sosaties.

No comments :

Post a Comment