Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/30/2014

Bak met Josh

Bak met Josh spruit uit die suksesvolle Kook met Josh, waarvan meer as 10 000 kopieë in Afrikaans en Engels verkoop het sedert die bekendstelling in 2012.

Bak met Josh bevat Josh se gunstelingbakresepte en is in ses hoofstukke verdeel: Groot koeke; Kolwyntjies en muffins; Koekies, plaatgebak en ander happies; Brood; Terte, pasteie en Oondgebak. Elke hoofstuk bevat pragtige kosfotografie, Josh se eie illustrasies en stap-vir-stap strokiesprente. Terwyl die kleingoed wag vir hul heerlike lekkernye om klaar te bak, kan hulle ook die prettige speletjies en aktiwiteite in Bak met Josh, soos verbind-die-kolletjies, woordspeletjies, blokkiesraaisels en inkleur, geniet. Josh sluit ook ’n kleurvolle bladsy met prettige feite en bakwenke in.

Bak met Josh bevat meer as 40 resepte wat wissel van gunstelinge soos wortelkoek en piesangbrood, tot nuwe, interessante resepte soos die Miljoenêr-in-wording sjokoladekoek, Horing-kolwyntjies en Sjokolade-lawa-koekies.

Bak met Josh sal jonk en oud inspireer om heerlike gebak vir die hele gesin te maak. Selfs Gordon Ramsey het opgemerk: "Josh is besonder talentvol in die kombuis en boonop so jonk! Hy is voorwaar ’n inspirasie vir ander kinders wat graag wil kosmaak."



Bak met Josh / deur Josh Thirion -- Struik, April 2014. -- 96 p. ; hardeband. -- ISBN 9781432302498 : R 120.00

No comments :

Post a Comment