Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/01/2014

Geelrys / Yellow Rice

Hierdie resep is vir ’n geurige delikate geelrys wat in klappermelk gekook word. Indien jy soek vir ’n resep vir geelrys met rosyntjies, probeer die twee:

Geelrys met rosyntjies
Geurige geelrys met rosyntjies

750 mℓ rys
60 mℓ botter
2 uie, fyngekap
6 naeltjies
20 swart peperkorrels
12 kardemomsade, gekneus
7,5 mℓ borrie
17,5 mℓ sout
12 kerrieblare
1 stingel suurlemoengras
1 vanielje peul
1,25 liter klappermelk

Smelt die botter in jou ryspot en braai die uie tot dit goudbruin begin verkleur.

Voeg die peperkorrels, kardemom, borrie, sout, kerrieblare, suurlemoengras en vanielje by.
Gooi die rys by en braai vir 3 minute terwyl jy aanhoudend roer.

Gooi die klappermelk in en bring tot kookpunt.
Stel die hitte so laag moontlik, plaas die deksel op en kook vir 25 minute – sonder om die deksel op te lig.

Wanneer die rys gaar is, sal meeste van die heel speserye bo-op lê. Verwyder die speserye wat jy kan sien en bedien warm.

Hierdie rys is heerlik saam met kerrie of vark. Vir garnering kan jy vars koljander gebruik.

Die resep bedien 6 tot 8 persone.

No comments :

Post a Comment