Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/29/2014

Forel in die oond

Ek sien die forel by Pick ’n Pay is net R99/kg, so hier is dit, sonder enige verdere verwyl, forel om in die oond te maak. Julle sal darem so 4 mense kan kosgee met ’n groot forel.
forel, een van ten minste 1,5 kg sou ek sê, skoongemaak
fyngekapte dille
fyngekapte pietersielie
’n paar takkies tiemie
’n bossie stingeluie, in stukkies gekerf
olyfolie
’n suurlemoen, in skywe gesny

Meng al die bestanddele saam en pak dit in die vis se maag.
Plaas dit op ’n plaat in ’n oond van 230°C. As jy wil hê die ou koppietjie en stert moet nie skroei nie, kan jy dié dele bedek met foelie.
Dit neem omtrent 25 minute daarvoor reg is.

No comments :

Post a Comment