Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/13/2014

'n Kaas pot

As dit lekker is, is dit lekker en geen cholesterol-telling gaan in jou pad staan nie. Dit gesê, hierdie resep moet nie te veel gebruik word nie, dis lekker, maar so ongesond soos kan kom.

Jy begin deur ’n klont botter in ’n pot te smelt oor lae hitte.
Sny dik stukke van ’n lekker vetterige kaas by. As jy ’n vleissous oor het van die vorige aand, roer dit ook sommer by.
Dan kap ek die volgende sommerso grof op en gooi dit by:

aspersies
spek
ui
ansjovis

Ek roer die storie oor lae hitte tot alles gaar en gesmelt is. Vir garnering gebruik ek witpeper.

Mens eet dit sommer net so uit die pot met lekker vars brood.

Resep: Philip Warner

No comments :

Post a Comment