Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/19/2014

Gekookte rys

Daar is verskeie manier om rys te kook. Indien jy sukkel om die proses onder die knie te kry, kan jy dié metode probeer: 55 g is omtrent die regte hoeveelheid rys per persoon.

Wat water betref kan jy werk om 3,1 liter per 225 g rys. Gooi sout en ’n suurlemoenskyfie by die water vir geur. Wanneer dit begin kook roer jy dit met ’n vurk om sodat die rys nie vassit aan die bodem nie. Kook die rys vir 12 minute.

Wanneer die kooktyd om is gooi jy die rys deur ’n vergiettes. Spoel die rys in die vergiettes vinnig af met warm water. Dit verwyder enige oorblywende stysel. Laat die rys nou staan om te dreineer. Steek ’n paar gate daarin met ’n houtlepel om die dreinering te bespoedig.

Keer die rys nou uit in ’n bak en laat dit op ’n warm plek staan om uit te droog. Keer dit af en toe om met ’n vurk.

Om die rys te verhit voor opdiening plaas jy dit in ’n vlak oondbak wat jy met botter gesmeer het. Plaas bottergesmeerde bakpapier bo-oor. Verwarm dit by 180°C vir 30 minute.

No comments :

Post a Comment