Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/20/2014

Gemarineerde beesfilet sosaties

Vir die marinade meng jy:
200 mℓ olyfolie
sout en peper
varsgekapte kruie waarvan jy hou

Sny 500 g beesfilet in blokkies van ongeveer 3 cm. Ons gebruik ook repe gerookte varkspek vir die sosaties – sowat 200 g. Plaas al die vleis in die marinade en laat dit staan vir ten miste 30 minute.

Intussen ontpit jy ’n groen soetrissie en sny dit in groot blokke vir die sosaties. Sny ook groot knopiesampioene se stele gelyk met die kop af. Drup suurlemoensap oor die sampioene en braai die soetrissie en sampioene in olie tot die soetrissie begin sag raak.



Jy benodig ook klein wit uitjies en klein tamaties vir die sosaties.

Ryg die sosaties soos volg in: 1 ui, 1 tamatie, 1 sampioen, 1 stuk soetrissie, 1 stuk spek, 1 stuk filet en eindig weer met ’n ui.

Plaas die sosaties onder die oondrooster van ’n baie warm oond vir sowat 8 minute, of jy kan die sosaties braai volgens jou voorkeur.

(foto Alessandro Ricciardi)

No comments :

Post a Comment