Sowaar, so baie resepte en nog nie een vir basiese pesto nie. Hier is dit dan:
30 g dennepitte
’n hand vol basilieblare
2 knoffelhuisies, skoongemaak natuurlik
90 mℓ olyfolie
die sap van ¼ suurlemoen
30 g gerasperde parmesaan
sout na smaak
Rooster die dennepitte baie liggies in ’n pan.
Plaas nou al die bestanddele, behalwe die parmesaan, in ’n voedselverwerker en maak fyn soos jy verkies.
Roer die parmesaan by en proe vir sout.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment