Mens kan rys in verskeie vorms bedien. Die bekendste is seker die gebruik van ’n koppie. Die gaar rys word eenvoudig vasgedruk in ’n koppie en dan uitgedop op ’n bord.
Nog ’n idee is om iets in die rys weg te steek. Ek gebruik byvoorbeeld skywe gaar eier wanneer ek kerrie of iets soortgelyk bedien. Jy vul jou vorm halfpad met rys, druk vas, plaas jou skyf eier op die rys, vul verder met rys en druk vas.
Wanneer ek ’n groot bak rys voorsit doen ek dieselfde, dan gebruik ek stukkies groente en kruie wat ek vooraf met die rys meng daarom meer kleurvol te maak.
(foto Janne Moren)
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment