Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/23/2014

Tannie Poppie se boerewors en eier ontbyt

8 groot tamaties, grofgekap en stingels verwyder
olyfolie vir die groente en om te braai
Six gun grill spice, na smaak
1 ui, fyngekap
10 ml suiker
swartpeper, na smaak
1 pakkie Ouma se boerewors
6 eiers

Sit die tamaties in 'n oondbak, sprinkel met 'n bietjie olyfolie en growwe sout.
Laat dit rooster vir 30 minute, of totdat die kante lekker verbruin is.

Verhit die olie in 'n pot en laat die uie braai tot dit sag en deurskynend is.
Voeg die geroosterde tamaties en suiker by en geur na smaak met Six Gun Grill spice.
Laat die sous oor 'n stadige hitte prut vir ongeveer 15 tot 20 minute.

Braai die boerewors in 'n warm pan totdat dit gaar is.
Plaas die stukkies boerewors in die tamatiesous.
Breek nou versigtig die eiers op verskillende plekke in die pot met die sous.
Laat dit stadig prut, met die deksel op, totdat die eiers gaar is na jou smaak.

Bedien met vars pietersielie en stukke vars brood.

No comments :

Post a Comment