Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/02/2014

Tannie Poppie maak boerewors sop met rissie

1 pakkie Ouma se boerewors
olyfolie vir braai
1 ui, grofgekap
3 knoffelhuisies, fyngemaak
3 selderystokkies, gesny
4 wortels, in ringe gesny
3 groot aartappels, geskil en in blokkies gesny
2 rape, geskil en in blokkies gesny
1 rooi soetrissie, pitte verwyder en grofgekap
2 lourierblare
1 rooi rissie, sny in die helfte, maar nie heeltemal deur nie
1 liter biefaftreksel
sout en peper na smaak
Taco skyfies
gerasperde cheddar

Sny die rou wors in klein ringe.
Verhit 'n groot pot en braai die stukkies wors, tot dit gaar is.

Voeg die uie, knoffel en seldery by.
Braai dit stadig tot sag, maar nie bruin nie.

Voeg die wortels, aartappels, rape, soetrissie, lourierblaar en die oopgesnyde rissie by.
Voeg die biefaftreksel by.
Verhit tot kookpunt en laat dit stadig prut vir 30 minute of tot die groente sag is.

Proe en geur met sout en pepper.
Verwyder die lourierblaar en rissie.
Breek Taco skyfies en strooi dit oor elke individuele sop. Strooi die kaas oor.
Bedien met vars wit broodrolletjies.

No comments :

Post a Comment