Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/17/2014

Fees van die sintuie – Vryfees-ontbyt

Die departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans aan die Universiteit van die Vrystaat, in samewerking met die Odeion Skool vir Musiek, ook aan die UV, wynborg Hermanuspietersfontein, die wynkenner regter Fred Beckley en sjef Suné Niemand, bied ’n fees vir die sintuie aan.

Dit is ’n ontbyt wat fokus op goeie Suid-Afrikaanse kos en wyn, met die programleier prof. Hennie van Coller, musiek van die bekende Nicol Viljoen en die sanggroep Pendoring, tesame met ’n woordprogram bestaande uit uittreksels uit die werk van die skrywer Irma Joubert, voorgelees deur dr. Anthea van Jaarsveld, dosent aan die UV, asook oud-dramastudent Karien van Coller.

Hierdie besondere geleentheid word beperk tot 100 gaste.

Genre: Leefstyl
Taal: Afrikaans
Plek: Eetsaal, Vishuis, Bloemfontein
Tyd: Sa 19 Julie 08:30 vir 09:00
Prys: R200
Tydsduur: 180 minute

Vryfees 2014

No comments :

Post a Comment