Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/18/2014

Madeirawyn

'n Gefortifiseerde wyn van die Portugese eiland Madeira. Die name Madeira en Madère mag slegs vir wyn van die eiland gebruik word.

Die koning het destyds beveel dat daar wingerd op die eiland van Madeira geplant word. Die eiland was egter dig bebos. Die woud is aan die brand gesteek en volgens oorlewering het dit vir sewe jaar lank gebrand. Die grond was uiteindelik perfek vir die aanplanting van wingerd.

Daar is vier tipes madeirawyn. Die name is afkomstig van die onderskeie druifsoorte waarvan hulle gemaak word. Bual is baie soet, Malmesey is ook ’n dessertwyn, maar nie heeltemal so soet nie, Verdelho is medium-soet, en Sercial is droog.

No comments :

Post a Comment