Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/15/2014

Koot se broodjie

Hierdie gaan nie in almal se smaak val nie, maar as jy tamatiesous met alles eet soos ek gaan jy dit dalk geniet.
Ek maak die geel van 2 hardgekookte eiers fyn en meng dit dan met 90 g roomkaas, 5 mℓ tamatiesous. Geur met sout en peper.

Smeer dit op gebotterde roosterbrood en plaas dit onder die oond se roosterelement tot dit goudbruin is. Strooi ’n knypie paprika oor en bedien. Ek eet dit dan met ekstra tamatiesous op die bord.

Resep: Koot Theron

No comments :

Post a Comment