Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/20/2014

Lamstjops gestop met ham en kaas

4 lamstjops, hulle moet dik gesny wees – so 4 cm
150 g Fontina kaas, in dun repe gesny - gebruik Gouda as jy nie Fontina kan kry nie
4 skywe prosciutto ham
varsgemaalde swartpeper
sout
30 mℓ meel
1 eier, geklits
broodkrummels
60 mℓ botter

Probeer om ’n holte in elke tjop te maak. Dit is waarin jy die ham en kaas gaan plaas. Dit werk die maklikste om sommer 'n sny langs die been af te maak.
Deel die kaas in 4 dele en vou ’n stuk ham om elke hopie. Druk die pakkie effens plat en druk dit in die tjop.
Geur die tjops met sout en peper, strooi meel oor, skud die oortollige meel af en doop in die eier. Bedek met broodkrummels.
Smelt die botter in ’n pan en maak dan jou tjops daarin gaar.

Bedien dié tjops saam met ’n slaai.

No comments :

Post a Comment