Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/28/2014

Eiervrug met rissie

Vir die gewone mense soos ons gebruik ons ’n soetrissie vir die resep. Indien jy skerp smake kan hanteer kan jy die soetrissie vervang met 3 of 4 rissies.

Hierdie is ’n tipe slaai wat jy by Indiese geregte of vleis kan bedien.

2 eiervrugte
1 ui, gerasper en nog ’n ui waarvan jy ’n paar baie dun uieringe sny
1 soetrissie, fyngekap
sout
suiker na smaak
’n skeut suurlemoensap
1 suurlemoen in baie dun skyfies gesny

Draai die eiervrugte toe in bakpapier en bak 40 minute by 180°C tot sag.

Krap al die pulp uit die sagte eiervrugte en meng die pulp met die gerasperde ui. Meng die soetrissie daarmee en geur dit dan met sout en suiker na smaak. Voeg ook suurlemoensap by na smaak.

Verkoel die mengsel.
Garneer dit met die uieringe en suurlemoenskyfies net voor jy dit bedien.


foto: Emma Galloway

No comments :

Post a Comment