Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/29/2014

Hoenderlewer-sosaties

Sny skoongemaakte hoenderlewers in twee en marineer dit in ’n mengsel van 200 mℓ olyfolie, sout, peper en fyngekapte kruie van jou keuse.
Voeg dáárby klein sampioene en ’n skeut suurlemoensap.

Intussen blansjeer jy lekker dik stukke spek wat jy in repe gesny het – net so vir 3 minute.
Maak dit dan droog met handdoekpapier.

Rol nou die lewer in broodkrummels en ryg dit dan alternatiewelik op sosatiestokkies met die sampioene en spek.

Maak dit gaar onder die oondrooster of op die braai.

No comments :

Post a Comment