Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/31/2014

Voetspore 2: 'n kookboek vir 4x4-entoesiaste

Voetspore is ’n dokumentêr-avontuur op SABC 2. Johan Badenhorst en sy makkers het onlangs die agtste reeks, "Voetspore op die Ewenaar", voltooi. Maar sulke reise kos fyn beplanning, veral wat die spys en drank aanbetref. Wie kan gaan krokodille kyk of ’n voertuig uit die modder sleep op 'n leë maag?

Johan en Alma het uit ondervinding die resepte en beplanningslyste saamgestel. Alle resepte dui die voorbereidings- en gaarmaaktyd aan – sodat jy self kan besluit hoeveel tyd jy het voor die son sak. Die resepte is eenvoudig maar watertand-lekker, alles saamgestel uit die beplande inkopies.

Hoogtepunte in die nuwe uitgawe sluit in Keniaanse Vermicelli brood, Pangebraaide oester, Hoenderflambe in whiskey en Cajun Kabeljou. Die kookboek pas gemaklik in jou voertuig se paneelkissie – en is net so belangrik soos jou domkrag, spaarwiel en sleeptou.

Voetspore 2: 'n kookboek vir 4x4-entoesiaste [teks] / deur Johan Badenhorst -- Human & Rousseau, 15 Mei 2014. -- 176 p. ; sagteband. -- ISBN 9780798163323

No comments :

Post a Comment