Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/19/2014

Kaaskoekies

500 mℓ gerasperde cheddar
125 mℓ gerasperde parmesaan
125 mℓ margarien – die margarien moet sag wees
45 mℓ water
250 mℓ meel
knippie sout
250 mℓ ongekookte kits hawermout
150 mℓ sonneblomsaad, afgedop en gerooster

Meng die kaas, margarien en water in ’n mengbak met ’n klitser op medium spoed. Wanneer dit goed vermeng is gooi jy die meel en sout by. Klits tot gemeng.

Roer nou die hawermout en sonneblomsaad by.

Vorm nou die deeg in ’n rol van so 30 cm. Maak dit toe met kleefplastiek en plaas in die yskas vir ten minste 4 uur lank.

Sny die rol in skywe van so 3 tot 6 mm.
Pak dit op ’n gesmeerde bakplaat en bak by 200°C tot dit begin verbruin – so 8 tot 10 minute.

Wanneer dit reg lyk gooi jy dit uit op ’n draadrak om af te koel.

No comments :

Post a Comment