Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/18/2014

Romerige tamatie en spek pasta

300 g pasta
30 mℓ olyfolie
5 stukke strepiespek, in blokkies geknip
1 rooi ui, fyngekap
5 mℓ fyngedrukte knoffel
4 tamaties, opgekap
30 mℓ vars basiliekruid, in stukkies geskeur
5 mℓ suiker
2,5 mℓ vars origanum
knippie sout
varsgemaalde swartpeper
30 mℓ tamatiepasta
125 mℓ room
gerasperde parmesaan en basiliekruid om te bedien

Kook die pasta volgens die aanwysings op die verpakking en hou eenkant.

Verhit die olie in ’n pan en braai die ui, spek en knoffel saam oor medium hitte tot sag.
Voeg die tamaties, tamatiepasta, kruie, sout en swartpeper by.
Bring dit tot kookpunt en kook dan vir 5 minute.

Verwyder die pan van die hitte en roer die room by.
Plaas dit terug op lae hitte en prut vir 5 minute.

Meng die pasta en sous en bedien dit met gerasperde parmesaan en vars basiliekruid.

No comments :

Post a Comment