Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/20/2014

Tannie Poppie maak Boerewors en pap happies

Maak ongeveer 15-20

1 pakkie Ouma se boerewors
500 mℓ mieliemeel
500 mℓ kouewater
1 liter kookwater
15 mℓ sout
olyfolie om te braai
2 uie, fyngekap
125 mℓ heel mielies
kookolie vir diepbraai
2 eiers, liggies geklits
350 ml broodkrummels

Braai die wors in 'n warm pan en laat dit heeltemal gaar word.

Meng die mieliemeel met die 2 koppies koue water.

Verhit 1 liter water tot kookpunt, met sout.
Voeg die mieliemeel met water gemeng by die die kookwater en hou aan roer tot dit dikker word.
Laat die pap oor 'n matige hitte kook vir ongeveer 30 minute, of tot dit gaar is. Roer dit gereeld.
Braai die uie in die verhitte olyfolie totdat dit sag is.
Voeg die uie en heel mielies by die pap. Dit sal 'n dik pap wees, maar nie 'n tipiese stywe pap nie.
Laat die pap so afkoel dat jy dit maklik kan hanteer, maar nie heeltemal nie.

Sny die worsies in klein stukkies, ongeveer 2-3 cm lank.
Neem 'n bolletjie van die gaar pap-mengsel, plaas 'n stukkie wors daarin en vou die pap-mengsel rondom die worsie. Dit moet die worsie heeltemal bedek en druk dit styf was wanneer klaar.
Doop die pap-balletjies in die geklitste eier en dan in die broodkrummels. Sit dit op n bakplaat en laat dit rus vir omtrent 30 minute.
Verhit genoeg kookolie in 'n kastrol, sodat die happies heeltemal in die olie sal braai. Die olie moet warm wees. Wenk: om seker te maak dit is warm genoeg, gooi 'n stukkie brood in die olie en as dit bruin word is die olie reg.
Plaas 'n balletjie versigtig in die warm olie en maak dit gaar tot goudbruin.
Verwyder en laat dit dreineer op papierhanddoek.

Bedien die happies met 'n soetrissiesous om dit in te doop

No comments :

Post a Comment