Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/07/2014

Soetrissie in Bagna cauda

Bagna cauda is ’n lieflike Italiaanse sousie. Besoek die Bagna cauda-resep en berei dit voor volgens die aanwysings voor jy hier verder gaan.

Verder het jy nodig:
4 soetrissies, gebruik rooies of geles
3 groot tamaties, geblansjeer, geskil, ontpit en dan in repies gesny
4 filette ansjovis, fyn gekap
1 knoffelhuisie, fyn gekap

Plaas die soetrissies vir ’n paar minute onder ’n oondrooster, tot die skil begin los raak. Draai dit gereeld.

Verwyder die soetrissies se skille versigtig.
Sny dit dan in die lengte deur en verwyder die membrane en pitte. Plaas dit in ’n verhitte opdienbak.
Vul die soetrissies met die tamatie en strooi dan die ansjovis en knoffel oor. Gooi die sous oor die soetrissies. Die sous moet warm wees.
Bedien dadelik.


foto: Sarah Horrigan

No comments :

Post a Comment