Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/21/2014

Vis fumet / Gekonsentreerde visaftreksel

Vis fumet is ’n gekonsentreerde visaftreksel. Dit is die basis van baie disse, veral souse of sop.

Die grate en ander oorblyfsels nadat ’n vis skoongemaak word, word vir die fumet gebruik. ’n Ekstra klein stukkie vis sal ook nie kwaad doen nie. Plaas dit in ’n souspan saam met ’n klont botter en ’n takkie pietersielie, ’n takkie tiemie, 2 lourierblare, ’n fyngekapte knoffelhuisie, ’n glas droë witwyn, ’n paar sampioene in skywe gesny, ’n paar vinkelsade, ’n paar peperkorrels, sout na smaak en genoeg water om alles te bedek. Daar moet ten minste sowat 500 mℓ vloeistof in totaal wees.
Bring dit tot kookpunt en kook vir 15 minute. Skep enige opdrifsels af.

Gooi die sous deur ’n sif en kook dit af tot die sous met ongeveer die helfte verminder het.

No comments :

Post a Comment