Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/19/2014

Bier en braai gaan saam

Met die lente hier en Braaidag (Erfenisdag) om die draai, oefen almal kliphard aan braai-tegnieke. Saam met die geoefen word ’n bier of twee ook geniet.

Dis juis die bier wat, volgens wetenskaplikes, ’n gesonde marinade vir jou braaivleis is. Ongelukkig veroorsaak die braai van vleis dat potensieel skadelike stowwe in die vleis opbou, stowwe wat met sekere kanker verbind word.

Die goeie nuus is dat deur jou vleis vooraf in bier te marineer, jy die vorming van die stowwe tydens die braai teenwerk. Swart bier werk glo die beste. As jy nie bier het nie kan jy ook wyn of tee gebruik.

No comments :

Post a Comment