Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/20/2014

Frittata

Uit: Voetspore 2: 'n kookboek vir 4x4-entoesiaste

Dis hoe die Spanjaarde hul omelet vir ontbyt eet.

Voorbereideingstyd: 20 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute
Genoeg vir 6 mense

3 aartappels, geskil
2 uie, in skywe gesny
10 ml (2 t) fyn gekapte knoffel
olyfolie
1 soetrissie, ontpit en in repies gesny
250 g salami, in blokkies gesny
6 eiers
200 ml melk
200 g mozzarellakaas, gerasper
50 g parmesaankaas, gerasper
1 pakkie olywe, gesnipper
sout en peper na smaak

Kook die aartappels tot gaar, laat dit afkoel en sny in blokkies.

Braai die uie en knoffel in ‘n bietjie olyfolie in ’n platboompot.
Voeg die soetrissie, salami en die gaar aartappelblokkies by.
Klits die eiers en melk saam, giet oor alles in die pot en sit die deksel op. Wag tot die eiers gestol het en garneer dan met mozzarella- en parmesaankaas en olywe. Geur met sout en peper na smaak.
Wenk: Die salami kan vervang word deur ham of worsies, en jy kan ook gekapte spinasie of aspersies in plaas van of saam met die soetrissie byvoeg.

No comments :

Post a Comment