As jy ’n sampioen gaan vul, help dit nie jy mors jou tyd met kleintjies nie. Koop lekker groot sampioene, maak dit skoon en verwyder die stele. Die stele kap jy fyn.
Smeer ’n vlak oondbak met olyfolie en pak die sampioene daarin – met die hol kant na bo. Sprinkel nog olyfolie oor die sampioene. Geur met sout en peper en bak in ’n warm oond vir 5 minute.
Die fyngekapte stele braai jy in ’n bietjie olyfolie saam met 2 fyngekapte salotte, fyngekapte spek en ’n blokkie aftreksel.
Meng dit daarna met genoeg broodkrummels om te bind. Gooi so 10 mℓ fyngekapte pietersielie ook by die mengsel.
Vul die sampioene wat uit die oond uitkom met die mengsel en plaas dit dan onder ’n oondrooster tot dit verbruin. Dit neem gewoonlik so 2 minute.
Bedien die sampioene warm saam met roosterbrood.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment