Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/11/2014

Middagete met Riana Scheepers in Tulbagh

Riana Scheepers vertel staaltjies uit haar boek Vallei van Melk en Heuning.

Die boek sluit ‘n wye spektrum van resepte in : van geurige elke-dag-kos, tot uithaler gebak om enige gas mee te beïndruk - maar altyd toeganklik, eerlik en onpretensieus.

Vallei van Melk en Heuning is meer as net ‘n resepteboek; dis inderwaarheid ‘n inspirerende lekkerlees boek wat jy nie net in die kombuis gaan lees nie.

Die sjef van die Tulbagh Hotel sit ‘n heerlike ete voor, met ‘n erfenis dis of twee uit Scheepers se boek.

Kaartjies teen R150 per persoon sluit die praatjie van Riana Scheepers en ‘n 2-gang erfeniskos-maaltyd in. Kopieë van Vallei van Melk en Heuning is te koop.

Vir besprekings kontak die Tulbagh Hotel, tel. 023 230 0071.

13 September
13h00, Die Tulbagh Hotel

Tulbagh Spring Arts Festival 2014

No comments :

Post a Comment