15 mℓ botter
15 mℓ meel
250 mℓ gekonsentreerde visaftreksel
125 mℓ garnale, in botter gebraai
60 mℓ room
sout, na smaak
witpeper, na smaak
rooipeper, na smaak
suurlemoensap na smaak
Smelt die botter in ’n klein souspan en roer die meel by met ’n houtlepel. Prut hierdie roux vir ’n minuut of twee, terwyl jy aanhoudend roer.
Verwyder die mengsel van die hitte en roer die visaftreksel by.
Plaas die pan nou terug op die plaat en bring tot kookpunt, onthou om steeds aanhoudend te roer.
Druk die garnale effens stukkend met ’n vurk en roer by die sous.
Roer die room en geurmiddels by net voor jy dit bedien.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment