Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/03/2014

Wit bredies, gestoof

Hierdie is ’n basiese resep vir ’n wit bredie wat gestoof word. Wit, omdat die vleis in die dis ’n bleek kleur het. Dit word in water geblansjeer om die kleur lig te hou.

Vir bredies gebruik mens goedkoper vleissnitte, wat andersins te taai is om te gebruik. Die proses wat hier gebruik word maak die vleis sag en bring die natuurlike geure na vore.

Die betse vleissnitte vir stoofgeregte is:
Bees: ontbeende dikribskyf, ondernek, mantelvlies
Skaap: middelnek, bo-nekstuk, filetkant van die boud
Kalfsvleis: bors, kneukel, bladvleis
Konyn: enige deel of heel

Week jou vleis oornag in koue soutwater. Vervang die water twee keer om van enige skerp reuke ontslae te raak. Indien jy ’n heel hoender in jou resep gebruik, hoef jy dit nie te week nie.

Die volgende dag spoel jy die vleis af en plaas dit in ’n kastrol. Bedek dit met vars koue water. As jy kalfs- of konynvleis gebruik plaas jy ’n skyfie suurlemoen en nog sout by. Blansjeer dit dan deur die water stadig tot kookpunt te bring. Skep enige skuim af. Gooi die water aan die einde af en spoel die vleis weer af. Plaas dit dan in ’n skoon kastrol saam met die vloeistof wat jou resep voorskryf. Die vliestof moet net genoeg wees om die vleis te bedek.

Indien jy ’n geurige sous verkies moet jy hoender- of kalfsaftreksel gebruik.



(foto Stijn Nieuwendijk)

No comments :

Post a Comment