Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/04/2014

Broufado / 'n Bredie van gebraaide vleis met 'n pepersous

Hierdie is ’n Provensaalse spesialiteit uit Frankryk, maar daar is mense wat glo dat dit waarskynlik een of ander seeman is wat dit uitgedink het.

Jy het sowat 800 g beesvleis nodig, in blokkies gesny – stewing beef in die supermark. Marineer dit oornag in ’n mengsel van 125 mℓ rooiwyn, 50 mℓ olyfolie, ’n bouquet garni, ’n ui wat in skywe gesny is en genoeg peper.

Die volgende dag dreineer jy die vleis – behou die marinade.
Verhit 45 mℓ olyfolie in ’n swaarboompot en verbruin die vleis effens voor jy ’n fyngekapte ui, die marinade en nog 125 mℓ rooiwyn bygooi. Bring die spulletjie tot kookpunt, plaas ’n deksel op en plaas dit dan in ’n oond wat jy verhit het tot 200°C. Vergeet nou daarvan vir 2 uur lank.

Op die punt kan jy ’n paar piekeluie bygooi, as jy het. Sny ook ’n paar agurkies by. Plaas dit terug in die oond vir 15 minute.

Spoel 6 ansjovisfilette goed af onder koue water en druk dit dan fyn saam met 10 mℓ botter. Roer dit by die bredie. Roer aanhoudend vir 2 minute en bedien dit dan dadelik saam met gebakte aartappels.

No comments :

Post a Comment