Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/22/2014

Boplaas skitter by Veritas

Boplaas Familie Wingerde in Calitzdorp het die afgelope naweek by twee verskillende geleenthede uitstekend presteer en weereens getoon dat dit 'n kelder is wat keer op keer met die bestes kan kompeteer.

By Veritas, SA se grootste wynskou, was Boplaas die beste kelder uit die Suid-Kaap, Klein Karoo en het weggestap met met ‘n dubbelgoud-medalje en 6 goue medaljes.

Boplaas het die dubbelgoud losgeslaan vir die Boplaas Cape Tawny Reserve Bin 1880 en die goue madaljes is toegeken aan Boplaas Cape Vintage Reserve Port 2010, 2011 en 2012, sowel as aan die Boplaas Heritage Muskadel 2011, 2012 en 2013.

Boplaas het ook sy merk gemaak by die Cape Wine Makers Guild-veiling wat die afgelope naweek plaasgevind het. Die veiling het uitstekende resultate behaal met ‘n totale omset wat gestyg het van R7,4 miljoen tot R11,8 miljoen. Boplaas se Ouma Cloete Straw Wine (vernoem na Carl Nel se Ouma Cloete, wie se familie lank gelede die beroemde Constantia-wyne gemaak het) het ‘n hoogste prys van R3 600 per kis van 6 x 375ml behaal.


Die Boplaas 1880 Ox wagon Potstill 8 Year Old het die hoogste prys van R4 400 per 6 x 750 ml gehaal. Die pragtige verouderde brandewyn is vernoem na Carel Nel se agter-oupagrootjie wat in 1880 brandewyn uitgevoer het.

No comments :

Post a Comment